Glasgow Green

'n Lugaansig van Glasgow Green
'n Rustige wandelpad langs die Clyde
Doulton Fountain, die grootste terracotta-fontein ter wêreld, en die People's Palace-museum met sy glashuis (in die agtergrond) is van die besienswaardighede in Glasgow Green

Glasgow Green is 'n openbare park in die ooste van Glasgow, Skotland, geleë langs die Clyderivier se noordoewer. Dit is die oudste park in die stad met oorspronge wat tot in die 15de eeu terugstrek. Glasgow Green strek oor 136 akkers (55 hektaar) en is binne loopafstand van Glasgow se middestad oos van Saltmarket geleë.[1]

  1. Stadsraad van Glasgow: Glasgow Green. Besoek op 28 Junie 2018

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne